Lugstroom

Lugstrome is gekonsentreerde gebiede van winde. Hulle is hoofsaaklik as gevolg van verskille in druk en / of temperatuur.

Die lug in die onderste gedeelte van die atmosfeer vorm nie 'n uniforme geheel nie en daar word 'n hele aantal lugsoorte, waarvan die eienskappe totaal van mekaar verskil, onderskei. Aan die grensvlak tussen twee lugsoorte sal daar as gevolg van die uiteenlopende eienskappe dikwels 'n onstabiele toestand heers. Die snylyn van 'n dergelike grensvlak met die aardoppervlak word 'n front genoem.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search